Deborah Steinmair

  1. home
  2. Author
  3. Deborah Steinmair
Deborah Steinmair

12 Published BooksDeborah Steinmair

Deborah Steinmair is op 23 Februarie 1962 op Groblersdal gebore en sy het in Pretoria grootgeword. Sy het ’n BA-graad in Engels en Drama en ’n honneursgraad in Drama behaal.

Sy was onder andere ’n assistent vir ’n reisende poppespeler, ’n lektor in Engels by die Universiteit van die Noorde, boekeredakteur by kalahari.net en die SêNet-webmeester op LitNet. Tans is sy ’n vryskut-kopieskrywer, redakteur, proefleser en skrywer.

Haar debuut digbundel, A See-through Suitcase, is in 2003 deur Genugtig gepubliseer. In 2010 verskyn haar debuutroman, Marike se laaste dans, by Human & Rousseau.