Nukke op Maasdorp (Maasdorp, #16)

  1. home
  2. Books
  3. Nukke op Maasdorp (Maasdorp, #16)

Nukke op Maasdorp (Maasdorp, #16)

4.15 25 1
Share:

In hierdie laaste verhaal in die Maasdorp-reeks neem ons afskeid van Kobie Malan, nou mevrou De Villiers, die skoolhoof Elsabe van den Heever, die...

Also Available in:

  • Amazon
  • Audible
  • Barnes & Noble
  • AbeBooks
  • Kobo

More Details

In hierdie laaste verhaal in die Maasdorp-reeks neem ons afskeid van Kobie Malan, nou mevrou De Villiers, die skoolhoof Elsabe van den Heever, die goedige Maria Teubes, en al die Malan-niggies, vriendinne en bekendes.

Magda Voster is nou hoofmeisie, met Lalage Engelbrecht as haar regterhand, en Klarette Prinsloo en Reina van der Hoven is prefekte.

Ons maak ook kennis met twee nuwelinge: Benedetta Greyling, oftewel Bennie, die dogter van die voormalige Marie Dempers, Kobie-hulle se skoolmaat, en klein Jacomina Venter, oftewel Japie, die verwese elfjarige meisie wat Bennie op die trein na Maasdorp ontmoet. Met hul seunsname is dié twee bestem om maats te word, maar nie voor die selfsugtige Bennie haarself baie beter leer ken het nie.

Verder sorg die manipulerende mevrou Renton opnuut vir ‘n opskudding, waarin haar blonde tweeling, Melanie en Melodie, die hulpelose slagoffers is. En dan is daar natuurlik die rooikop Jessamie en die raaisel van die rooi handtas!

Gaan dit ook hierdie keer “eind goed, alles goed” by die land se voorste meisieskool wees?

  • Format:
  • Pages: pages
  • Publication:
  • Publisher:
  • Edition:
  • Language:afr
  • ISBN10:
  • ISBN13:
  • kindle Asin:B0DTRDLPRG

About Author

Stella Blakemore

Stella Blakemore

4.22 753 28
View All Books