Arsenaal van klank

  1. home
  2. Books
  3. Arsenaal van klank

Arsenaal van klank

0.00 0 0
Share:

Anna Enquist is die skrywersnaam van die Nederlandse digter en prosaskrywer Christa Widlund-Broer. Sy het sowel psigoanalise as musiek gestudeer en...

Also Available in:

  • Amazon
  • Audible
  • Barnes & Noble
  • AbeBooks
  • Kobo

More Details

Anna Enquist is die skrywersnaam van die Nederlandse digter en prosaskrywer Christa Widlund-Broer. Sy het sowel psigoanalise as musiek gestudeer en albei hierdie terreine word in haar skryfwerk weerspieël. Haar gewildheid in Nederland kan onder meer toegeskryf word aan die herkenbare alledaagse werklikheid in haar poësie, waarby lesers aansluiting vind. Alhoewel haar gedigte oënskynlik verstandelik en nugter is, word die leser juis getref deur die vasberade erns en innerlike krag waarmee sy byvoorbeeld die verlies van haar dogter verwerk deur daaroor te skryf. Die emosionele word egter altyd gebalanseer deur redelikheid, sodat haar gedigte nie sentimenteel is nie, maar tog die leser raak, soos in die gedig “Habanera”:
Daar was ’n kind. Met haar het ek
deur die kamer gedans, ons het van hoek
tot kant galop, ons het luidkeels ’n lied gesing.

Sy het ’n warm gesig gehad. Sy was my dogter.
As ek asemhaal vonk sy na in die gedig.

  • Format:Paperback
  • Pages:120 pages
  • Publication:2016
  • Publisher:Protea Boekhuis
  • Edition:
  • Language:afr
  • ISBN10:1485306043
  • ISBN13:9781485306047
  • kindle Asin:1485306043

About Author

Anna Enquist

Anna Enquist

3.57 11373 1041
View All Books